Trane omgedraai | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Trane omgedraai | Die Son

DIE Sekondêre Skool Hexvallei het ’n eer­bewys geskep ter her­innering aan Daniella de Wee.De Wee het reeds 10 jaar gelede in ’n rivier verdrink, maar baie lede van die gemeenskap van De Doorns treur steeds. Die Daniella de Wee-prys wys mense onthou haar nog. Dit word jaarliks toegeken aan die leerder wat die beste in Afrikaans presteer.Daniella was ’n meisie met ambisie en een van die skool se slimkoppe.Sy was op pad na haar matriekeindeksamen toe sy, haar pa, Tisar Bani, en haar niggie Natalea Jasson die rivier langs hulle huis moes oorsteek en die 5 km na die skool stap. Daniella sou daardie dag Afrikaans 3 skryf. Haar niggie was te bang vir die vloedwater en het teruggedraai na die huis se kant toe. Daniella en haar pa het wel die water trotseer. Haar voet het gegly. Haar pa het haar probeer vashou, maar sy het uit sy greep geglip. Sy het in die stroom beland en is meegesleur. Haar pa het rasend van kommer langs die rivier gehardloop en na haar geroep en gesoek. Maar van Daniella was niks te vinde nie. Haar oorskot is eers ses jaar later in ’n plaasdam kilometers verder gevind. Die eens belowende leerder is uitgeken aan haar blou skooluniform, kunstande en hangertjie.Die skool het onlangs ’n gedenkdiens gehou om Daniella te onthou. Haar ouers, Tisar en Maria Bani, het ’n kers vir hulle ontslape dogter aangesteek. Dit was ’n hartseer-oomblik vir die egpaar. Die leerders van die Sekondêre Skool Hexvallei onthou haar as ’n slim kind en iemand wat nie nonsens gevat het nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.