Trash raak ’n vet tameletjie

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE inwoners van Kliprand in die Baaise noordelike gebiede kla hulle moet konstant in vuilheid leef.Die rommel hou aan met ophoop en volgens inwoners is die vullisverwyderaars maande laas gesien.Een van die inwoners, Martha Draghoender (64), vertel die probleem raak by die dag erger.“Die mense dump enige ding hierso, want hulle het nie ’n ander plek om hulle vullis te gooi nie. Daar is tot naalde in die vullis. Kinders speel gereeld daarin. “Dis ’n gevaar weens siektes en kieme.”Volgens haar brand van die mense af en toe die hope vullis uit omdat daar nie ’n ander plek is om dit te sit nie. Maar dié rook kan nadelig wees vir mense se gesondheid.BERG VUILGOED: Martha Draghoender en haar gesin se vullis hoop op.Die mense van Kliprand kry finansieel swaar. Dis vir baie te duur om swart sakke te gaan koop. Hulle beweer die munisipaliteit het in vroeë jare swart sakke aan die mense verskaf.Elizabeth Stuurman (71), nog een van die inwoners, kla party mense gooi hulle rubbish sommer daar langs haar shack. “Die vullismense was ’n paar maande gelede hier. “Die mense gooi hulle goed in die rivier of langs jou jaart. “Ek is so bang vir die kinders se part en ek het borsprobleme. “Hulle gee nie eens vir ons swart sakke nie.”Cheryl Goliath (47) woon knap langs die rivier, waar mense hulle kos, kimbies en ou klere weggooi.“Dis baie erg om langs dit te bly. Elke dag dump hulle hier en die reuk is glad nie lekker nie. “Ek persoonlik brand maar my vullis uit.”Draghoender sê sowat 20 jaar gelede was hulle plekkie spotless. “Die munisipaliteit het toe gereeld ons vullis kom haal – sommer twee keer per week. “Nou hoor ons hulle sê daar is nie geld daarvoor nie.”kieme: Die inwoners van Kliprand moet op die gesig afkyk as gevolg van onwettige vullisstorting.Maar volgens Nomazwi Sonti, ANC-raadslid van wyk 33, gaan haal die vullisverwyderaars gereeld die gemors.“As gevolg van die onwettige kragverbindings in Kliprand is dit vir die trok moeilik om in daardie area te ry,” verduidelik Sonti. Ondersoek“Daarom kom hulle net tot op ’n sekere punt. Inwoners moet hulle vullis self na daai punt vat om opgelaai te word.”Mthubanzi Mniki, ’n woordvoerder van die munisipaliteit, sê hy sal ondersoek instel. Hy het reeds navrae aan die toepaslike departemente gerig.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/trash-raak-n-vet-tameletjie-20181209

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.