Trek? Ag nee, nie weer

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

HULLE gaan nie trek nie en klaar.Só het die inwoners van Uitbreiding 6 in Malabar in die Baai se noordelike gebiede Maan­dagmiddag gedreig.Dit was toe hulle in die strate om hul gebied betoog het.Hulle is ontevrede oor die raadslid vir wyk 12, Shar­lene Davids, hulle aangesê het om te skuif, en hulle eis huise.Hulle wil weet watter verskil die stuk grond ’n paar honderd meter verder sal maak, want hulle sal steeds in shacks moet woon, en steeds vir ’n onbepaalde tyd.Van die inwoners sê daar is boonop baie gangsters in die gebied waarheen hulle veronderstel is om te trek, en daar is snags geen beligting nie.Sommige inwoners kla hul shacks val klaar uitmekaar en dit sal nie nóg ’n trek oorleef nie.Baie van hulle is ook sieklik of bejaard, of albei, en sê hulle kan nie trek nie.MoeilikDie hoofrede vir die in­woners se ontevredenheid is dat baie van hulle reeds 20 jaar op die vlak bly en uitsien na ’n huis.En dis moeilik: Net sowat 50 toilette is beskikbaar vir sowat 400 inwoners – dít is 1 vir elke 8 inwoners.Die solar panels wat in ’n stadium aan hulle geskenk is, is ook al gesteel.Die inwoners dreig ál wanneer hulle sal skuif, is wanneer dit na ’n nuwe huis is.hoe lank nog? Nie net wag die inwoners nou al jare vir huise nie, hulle moet boonop weer skuif.Davids sê sy weet die inwoners dink die nuwe stuk grond is gevaarliker.Sy sê egter: “Tans is die tweede fase van ontwikkeling van infrastruktuur – dreine, paaie en elek­trisi­teit – op die grond waar hulle nou bly, ver­onderstel om te begin.“Die mense moet geskuif word na gedienste grond. Die huise kan eers gebou word wanneer hulle op gedienste grond woon.“Nadat die provinsiale regering ingelig is dat die mense op gedienste grond woon, kan die behuisings­departement sy werk doen.“Dis ’n proses wat gevolg moet word voordat die mense huise kan kry.”Davids sê elkeen sal ’n plot kry en hulle sal daar bly totdat hul huise gebou is, maar sy kon nie sê hoe lank dit sal duur nie.Sy voeg by dat beamptes verlede week verifikasie gedoen het.Hulle het ’n opname gemaak van almal wat daar woon en wat huise moet kry, insluitend backyarders (inwoners wat voorheen in iemand se erf gewoon het, maar die huur baiekeer nie meer kan bekostig nie).Gisteroggend het die gemeenskap ’n afvaardiging van ses lede gekies om vandag met Davids te vergader.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/trek-ag-nee-nie-weer-20190226

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.