Trekker ruk laitie se kopvel af in fratsongeluk

Please log in or register to like posts.
News
Trekker ruk laitie se kopvel af in fratsongeluk

VAN WYKSDORP. – ’n Laitie hier het ’n groot deel van sy kopvel verloor in ’n tragiese fratsongeluk.Jenevo Jordaan (10) was die betrokke dag in ’n boord om appelkose te pluk. Dis nou seisoentyd en appelkose word as die grootste bron van inkomste beskou vir werkende ouers. ’n Familielid van Jeneva vertel: “Die bestuurder van die trekker was nie bewus daarvan dat Jenevo in die boord is nie en het oor hom gery. “In die proses is die middelste deel van sy kopvel, reg oor tot agter in die nek, afgeruk.”Die ambulans is ontbied en noodhulp is in die boord op hom toegepas.BloedingJenevo is toe na die George-hospitaal oorgeplaas waar sy ma, Liena, hom bygestaan het.Daar is hy geopereer om bloeding op die brein te stop. Sy brein was erg geswel. Sy tannie Maria Jordaan was gelukkig op die toneel en kon hom onmiddellik help. David Opperman, ’n gemeenskapsleier, sê: “Dié tyd van die jaar moet almal versigtig wees vir plaasvervoermiddels. “Soos dié trekkergeval. En dan natuurlik die lorries waarop plaaswerkers vervoer word.“Dit skep altyd groot risiko’s in Desember en Januarie. Veral as dit oorlaai word.” Hy het bygevoeg die ma en kind is in sy gedagtes.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.