Troue toe maar ’n donker affêre

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

AFGESLAAN!Dít is hoe ’n gholfklub se lektriek die groot dag van ’n couple van Oudtshoorn versuur het. Patricia Bambies (31) en Samora Myo (31) het ’n volle 13 jaar uitgegaan voordat hulle uiteindelik verlede maand afgehaak het. Die egpaar het in Maart 2018 reeds die Oudtshoorn-gholfklub vir hul bruilof bespreek. Bambies sê: “Die wedding het 12:00 begin. Ons het die plek vir die hele dag geboek.”Maar hul plesier is bederf toe die krag 18:00 – voor hul eerste dans – afgesit is. “Ons het toe nog nie eens geëet nie. Die kos moes koud voorgesit word. Toe ons vra oor die krag, is daar gesê dit is load shedding.”Gepak“Daar was egter geen beurtkrag geskeduleer nie en die res van Oudtshoorn se krag was aan,” sê sy. Kortgeknip: Patricia Bambies en haar man, Samora Myo, sê hul bruilof is versuur toe hul venue se krag afgeslaan het.Die DJ wat vir die dag gereël is, het sy tunes gepak en die gaste moes koue kos eet.“Ons mag ook nie op die gras foto’s geneem het nie. Ek is voor my wedding ingelig van nóg ’n geselligheid aan die ander kant van die klub, maar hulle het gesê dit sal nie my troue belemmer nie. “Ek was fine daarmee, maar toe ons oppak, het die gaste van die ander event op die gras gebraai.”Bambies sê die bespreking van die venue was vir die hele dag. “Die klub se bestuurder het nog gesê as ons ná 20:00 aangaan, sal ons die klub se barman ’n R90 per uur ekstra daarna moet gee.”Bambies het haar onte­vredenheid in ’n brief aan die klub se bestuur uitgedruk. “Maar tot op hede het hulle nog niks op my klagte geantwoord nie,” sê sy.Paul Stroebel, klubkaptein van die gholfklub, sê daar was nie beurtkrag nie. Stroebel sê: “Die krag by die klub het getrip. Vasstel“Ek het nog my vrou gebel om te hoor of die krag by die huis aan was.”Stroebel en sy vriende het by die klub gebraai.Hy sê volgens ’n elektri­siën trip die krag by die klub maar so ontydig en hulle kon nog nie vasstel hoekom nie.Van Bambies se brief dra hy ook nie kennis nie. “Ek het nogal gewag vir ’n klagte, maar weet nie van een sover nie.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/troue-toe-maar-n-donker-affere-20190123

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.