TV crew besoek digter, ‘historikus’

Please log in or register to like posts.
News
TV crew besoek digter, ‘historikus’

ROBERTSON. – Dit gebeur nie elke dag dat TV-kameras hier ’n program oor ’n ou onnie en digter kom skiet nie.Die geselsprogram Klop! het onlangs ’n draai gegooi by Jeff Lakey, ’n oud-onderwyser en digter van formaat. Lakay het 11 digbundels agter sy naam, maar hy en die span van Klop! het hoofsaaklik oor die dorp se mense gepraat.Jawaahier Petersen, Taliep Petersen se dogter, het die onderhoud gevoer.Lakey is al 30 jaar doenig met die geskiedenis van die bodorp se mense.“Dié mense lê my baie na aan die hart,” sê Lakey.Hy het destyds foto’s van die oumense en ou geboue begin versamel. “Jy sien, ek wil nie hê dat ons mense vergeet word nie.” Volgens hom het hierdie mense nooit in hulle eie leeftyd erkenning gekry vir hul bydrae tot kultuur, sport of vermaak nie.Lakey nooi mense om by die Mountain View-biblioteek te kom kyk na die uitstalling wat hy oor die bodorp se mense saam­gestel het.BygekomPetersen was baie in haar noppies met die hope foto’s en staaltjies. Sy het haar ’n papie gelag toe Lekay vertel van die snaakse byname wat party mense gehad het.“En ek het baie jare skool­gehou. Ek kan met trots sê dat ek deur al daai jare nooit ’n kind met ’n rottang bygekom het nie.”Volgens Lakey is sy droom om nog eendag voordat hy sy oë toemaak ’n fliek oor die bodorp se mense te maak.“Ek wil hê ons jong mense moet met hierdie werke voortgaan sodat ons geskiedenis nie verlore gaan nie.”Volgens Petersen sal die episode oor Lakey en die bodorp se mense oor drie weke op die kassie verskyn. Die program word Woensdae 20:30 uitgesaai op kykNet & Kie (DStv-kanaal 145).

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.