Twee beseer in wilde skietery

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TWEE mans is in ’n skietery in Gelvandale in die Baaise noordelike gebiede beseer.Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, sê dit het 19:30 gebeur. “Twee lede van die operasionele bevelsentrum het by die BP-vulstasie in Aubreyweg gestop toe hulle die skote hoor. Die lede het in die rigting van die skote gehardloop en twee beseerdes gekry en gesien hoe twee ouens weghardloop. “Een persoon (24) is in die skouer geskiet en die ander persoon (26) is ook verskeie kere getref,” sê Soci. “Hulle is hospitaal toe geneem.”Intussen het die cops back­up gevra en gesien hoe die twee verdagtes in Du Plessisstraat op hardloop. Hulle het hulle te voet agternagesit. “Een verdagte het hom oorgegee. Die ander het aanhou hardloop. Die polisie het ’n waarskuwingskoot afgevuur en die verdagte het op die cops geskiet. Die polisie het teruggevuur. Geen beamptes is beseer nie.”In Saulsstraat het die cops die verdagte vasgetrek. In ’n nabye erf het hulle ’n Magnum-rewolwer gevind.Die verdagte (23) wat hom oorgegee het, is gearresteer vir twee pogings tot moord.Die ou (21) wat weggehol het, is gearresteer vir twee sake van poging tot moord, een van poging tot moord op ’n cop, en die onwettige besit van ’n vuurwapen.Een beseerde, Adam Felix, se suster, Faukia, sê hy’s in die sleutelbeen en kakebeen getref. Sy’t hom gister in die Livingstone-hospitaal besoek. Sy sê hy praat nie daaroor nie. Die ander beseerde se familie kon nie opgespoor word nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/twee-beseer-in-wilde-skietery-20190221

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.