Twee doodgeskiet in agterplaas | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VROU en haar vriend is helder oordag afgemaai en twee mense is beseer in die Baaise noordelike gebiede.Hul lyke het gister op ’n erf in Searleweg in Schauderville gelê.Mense op die toneel fluister dat die oorlede vrou ’n getuie was in ’n moordsaak en daarom is sy uitgehaal.Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die voorval het om en by 11:15 gebeur.“Daar word beweer dat vier mense in ’n huis in Searleweg se jaart gesit en rook het.“ ’n Onbekende persoon het die jaart binnegekom en op die groep begin skiet. Twee mense, 27 en 34 jaar oud, het noodlottige beserings opgedoen, terwyl die ander twee, 28 en 33 jaar oud, beseer is,” sê Naidu.VasgehouSy sê voorts die motief van die moorde is tans nog onbekend, maar dat die skietery bendeverwant is. Die polisie ondersoek nou twee sake van moord en twee van poging tot moord. Die oorledenes se name word weerhou totdat ál hul naasbestaandes ingelig is van hul dood.Die geskokte familielede het op die toneel gehuil en mekaar vasgehou. Hulle wou nie kommentaar lewer nie en het stadig van die toneel weggestap.Teen druktyd gistermiddag het Naidu nog nie kommentaar gelewer op die gerugte dat die oorlede vrou ’n getuie in ’n moordsaak was nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/twee-doodgeskiet-in-agterplaas-20190206

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.