Twee gaan gróót | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Twee gaan gróót | Die Son

’N MAATSKAPPY wat recycling­ doen en plastiekprodukte vervaardig, het ’n multimiljoenrandkontrak gekry om produkte onder die Shoprite Groep se Ritebrand en Housebrand labels te verskaf.Die egpaar Mike en Thina Maziya het dié maatskappy, Verigreen, in 2001 begin.Hulle het drawstring-vullissakke begin maak en later ook plastieksakkies waarin kos gekook, gebak en gevries word.“Ons is trots daarop dat ons omgewingsvriendelik en maatskaplik bewus is. Dis ’n brand wat goed presteer én ander goedgesind is.”Thina, wat ook die hoof van bemarking is, sê: “Danksy suksesvolle produkvernuwing en ’n klantgedrewe diens het ons die kontrak vir Housebrand en Ritebrand gekry­.” ’n Unieke kenmerk van hulle produkte is dat die onverwerkte materiaal deur ’n groep vroue – “Supa Mamas­” – verskaf word.Dit is ook die naam van hulle flagship brand wat in die Shoprite- en Checkers- winkels­ beskikbaar is.Die Supa Mamas verskaf jaarliks 360 ton plastiek­afval aan Verigreen. Dit word omskep in vullissakke.Die Maziyas is vol vertroue dat hulle maatskappy kan byhou met die groter aanvraag na hulle produkte. Hulle kyk daarna om hulle Supa Mama-program na ander provinsies as KwaZulu-Natal uit te brei, wat sal lei tot werkgeleenthede.“Ons is bewus van ’n tekort aan swart verskaffers in die kleinhandel. Die kontrak wat ons gekry­ het, dui daarop dat die Shoprite Group wel entrepreneurs wil help,” sê Thina.“Dit is baie belangrik dat handelaars nie net goedere van gevestigde verskaffers koop nie. Hulle moet ook betrokke raak by die ontwikkeling van klein tot medium besighede.“Die ontwikkeling van besighede soos ons s’n dra by tot werkskepping en ekonomiese groei in Suid-Afrika.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.