Twee gevang met swaar vrag dagga

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

TWEE mans verskyn vandag in die Alexandra-landdroshof nadat dagga met ’n geraamde straatwaarde van altesame R1,6 miljoen­ in hul besit gevind is.Kapt. André Beetge, ’n polisie­woordvoerder, sê die mans, van 34 en 29 jaar oud, is Dinsdagaand op die R342 tussen Paterson en Addo in hegtenis geneem.Die cops van die Paterson-polisiestasie het patrolliewerk op dié stuk pad gedoen toe hulle omstreeks 22:30 agterdogtig geword het oor ’n silwer­ Opel Zafira met ’n sleepwa.Beetge sê toe die beamptes die Opel nader, het dié skielik weggejaag.Die polisie het die Opel ’n paar kilometer verder ingehaal en van die pad af getrek, en die kar en sleepwa deursoek.Hulle het afgekom op altesaam 29 sakke dagga in albei voertuie. Die dagga het 640 kg geweeg.Die verdagtes is aangekla vir handel dryf met dagga.Genl.maj. Dawie Rabie, die bevelvoerder van die Motherwell-gebiedspolisie, het die lede­ geprys vir die inhegtenisnemings en beslagleggings.Rabie het gesê die polisie gaan in die aanloop tot die feestyd konsentreer op paaie na en van die Nelson Mandela­baai-metro.Dit is in Operasie Quiet Storm, wat gemik is veral op gesteelde eiendom, onwettige vuurwapens, dwelms, gesteelde vee en onwettige besit van vuurwapens.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/twee-gevang-met-swaar-vrag-dagga-20181107

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply