Twee hof toe ná mesmoord

Please log in or register to like posts.
News
Twee hof toe ná mesmoord

HEIDELBERG. – ’n Ma en haar dogter verskyn weer vanoggend in die hof in verband met die bloedige mesmoord op ’n bejaarde paar.By die twee se vorige verskyning Donderdag het sowat 100 woedende inwoners voor die hof saamgedrom om hulle misnoeë uit te spreek oor die moorde.George “Jors” Michaels (62) en sy spesiale vriendin, Elizabeth “Elie” Rudolph (64), is Saterdag 16 Februarie in Michaels se huis in Diepkloof koel­bloedig vermoor. Michaels se jaloerse eks Sabina Hartnick (54) en haar dogter Annemarie Skietekat (31) staan tereg vir die moorde.Hartnick staan reeds tereg nadat sy Michaels laas jaar glo ook ernstig met ’n mes aangerand het. Sy verskyn ook vandag op die klag van aanranding op Michaels met die doel om ernstig te beseer.Albei die beskuldigdes het ook reeds vorige veroordelings vir moord. Hulle word intussen in die Oudtshoorn-gevangenis aangehou. Voordat die hofverrigtinge Donderdag begin het, het ’n groep inwoners buite die gebou byeengekom en plakkate geswaai met woorde soos: “Weg met moordenaars”, “Vrot in die tronk” en “Geen borgtog”.Die inwoners is almal sterk gekant teen borgtog vir die twee beskuldigdes. BorsVolgens AO Alroy Windvogel, plaaslike polisiewoordvoerder, is Michaels se liggaam oortrek met minstens 24 steek- en snywonde“Rudolph is 14 keer in die bors gesteek, asook 5 keer in haar geslagsdele.“Sy is sewe keer in die nek gesteek en haar neus is gesny. Daar was verder drie brandwonde aan die bokant van haar geslags­dele wat met ’n sigaretstompie toegedien is,” sê Windvogel.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.