Twee in hof: Een is vry

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

EEN van die twee mans wat tereggestaan het vir die verkragting van ’n student van die Nelson Mandela-Universiteit, het gister vol smiles by die hofgebou uitgestap.Dit is omdat Mziyanda Kana (31) vrygespreek is op alle aanklagte teen hom.Mziyanda Yoyo (32), aan die ander kant, is skuldig bevind op aanklagte van rape, poging tot moord, aanranding en twee wat verband hou daarmee dat hy voorgegee het hy rig ’n vuurwapen op sy slagoffer.BeweerKana is vrygespreek van rape, poging tot moord en ontvoering.Die slagoffer – wat tans ’n radio-omroeper is – het beweer Kana en Yoyo het haar op 1 Oktober 2016 in die Walmer- informele neder­setting en Victoria Park gerape.jippie! Mziyanda Kana se ondersteuners (van links) Siyabulela Tshanga, Mthetheleli Kana en Xolile Tofile behandel hom soos royalty nadat hy gister onskuldig bevind is op alle aanklagte teen hom.Foto’s: THEO JEPTHAKana se regsverteenwoordiger, Hennie Bence, het vroeër in die verhoor aan haar gesê sy kliënt sê hy en sy het mekaar op 1 Oktober 2016 toevallig in Club Zanzibar in die Baai raakgeloop.Kana is ’n pel van die vrou se eks-boyfriend. Daar is ook beweer Kana en die klaagster het ’n skelm verhouding gehad.Volgens Kana het die vrou saam met hom en twee van sy pelle ge­kuier. Daarna is hulle na Club Loxion in Sentraal.Hy het gesê Yoyo het toe vir hom en die vrou na sy huis in Walmer­ township gevat.Dit was nadat Kana en die vrou die moontlikheid oorweeg het om iewers heen te gaan waar hulle alleen kan wees.Volgens Kana was hy en die vrou albei kaal terwyl hulle orale seks met mekaar gehad het.Bence het gesê sy kliënt het hom vertel dat die vrou nie wou hê hy moet in haar mond kom nie.Kana het gesê toe hy naby sy klimaks was, het hy sy penis uit haar mond gehaal en ’n kort rukkie geskommel totdat hy gekom het.Bence sê dis sy kliënt se vermoede dít is hoe sy DNA op die vrou se panty beland het.VeranderKana het gister ná die hofverrigtinge aan Son gesê hy is baie verlig oor die uitspraak en dat sy lewe nou na normaal kan terugkeer.“Dis verbasend hoe ’n mens se lewe in ’n oogwink kan verander,” het hy gesê.sug… Mziyanda Kana is verlig oor die uitspraak.“Die een oomblik is jy in ’n club; die volgende oomblik is jy in die hof, en die volgende oomblik is jy in die tronk.”Kana sê die 11 maande in die tronk was scary, want ’n mens weet nie wat next kan gebeur nie.Hy sê die saak het baie spanning tussen hom, sy kinders en girlfriend veroorsaak.Hy sê dis terrible dat mense hom gelabel en aangesien het vir ’n rapist.Die saak teen Yoyo is uitgestel tot Maandag vir voorvonnisverrigtinge.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/twee-in-hof-een-is-vry-20181122

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.