Twee jong mans doodgeskiet | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NOG twee moorde en ’n voorval van poging tot moord is die naweek aan Port Elizabeth se polisie gerapporteer.Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, was Phumlani January (31) en ’n pel eergister omstreeks 17:15 voor ’n huis in Standfordweg in Gelvandale in die Northerns aan die drink toe twee onbekende mans hulle nader­.Sy sê een van die mans het ’n vuurwapen uitgepluk en op January losgebrand. Hy is een keer van agter in die nek geskiet en het aan sy skietwond beswyk. Die motief vir die moord is in dié stadium nog on­bekend. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.In nog ’n voorval is die lyk van Lucian Mitchell (22) Vrydag op ’n sypaadjie op die hoek van Bell- en Gailweg aangetref.Mitchell het verskeie skiet­wonde gehad.GetrekVolgens Naidu word beweer Mitchell het bande gehad met die Upstand Dogs. Die omstandighede rondom en die motief vir sy skietdood was teen laat gister nog onbekend.Volgens Naidu weet die polisie ook nog nie wie die sneller getrek het nie.Die provinsiale bendetaakspan ondersoek ’n moordsaak.Sondagnag het nog ’n skietvoorval voorgekom.’n Jong man (22) was omstreeks 01:00 saam met ’n vriend aan die agterkant van sy huis in Lingelihleweg, Bethelsdorp, toe hulle twee mans gewaar.Naidu sê een van die mans het ’n vuurwapen uitgepluk en op die twee vriende begin skiet.Die vriende het na ’n ander huis gehardloop. Niemand is in die voorval beseer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/twee-jong-mans-doodgeskiet-20190114

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.