Twee kry ’n bloedneus | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE twee voormalige Baaise raadslede Ne­ville Higgins en Trevor Louw se aansoek om verlof tot appèl is gister in die hooggeregshof van die hand gewys.Dit volg nadat die twee die vorige hofbeslissing verlede jaar, wat aanvoer dat hulle nie meer wyksraads­lede is nie, teengestaan het.Die DA het die twee se lidmaatskap beëindig nadat hulle hul rug op die party gedraai het op ’n raadsvergadering in September laas jaar.Higgins was die raadslid in wyk 37 en Louw in wyk 35.Nqaba Bhanga, DA-premierskandidaat, sê sy party verwelkom die nuutste hofbeslissing. “Die munisipale bestuurder moet nou notisie neem van die hof­beslissing en voortgaan met die tussenver­kiesing in die twee wyke. “Ons het (gister) die Onafhanklike Verkiesingskommissie vandag gekontak oor die hof se beslissing rakende die tussenverkiesing binne 90 dae sedert die vakante poste aangekondig is,” sê Bhanga.Louw het gister by navraag gesê: “Ons is baie disappointed oor die hofbeslissing en kan nie glo ons justice system beskerm nie ons regte nie. Al wat ons vra, is vir die DA om ons regte te respekteer en nie te doen wat hulle wil nie. Ons gaan appeal.”Higgins het sy selfoon nie geantwoord nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/twee-kry-n-bloedneus-20190219

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.