Twee mag vir eers nie in dorp kom – hof

Please log in or register to like posts.
News
Twee mag vir eers nie in dorp kom – hof

DIE jurisdiksie van Atlantis is vir eers uit vir André Naudé en Sam Farquharson. Sou die mans wel deur Atlantis wil ry, moet hulle toestemming van die staat kry. Dié twee berugte mans wat glo bande met die onder­wêreld het, is gister op borgtog van R10 000 elk vrygelaat. Hulle is verlede Donderdag by hulle huise in onderskeidelik Parklands en Loevenstein in hegtenis geneem. Volgens Eric Ntabazalila het die mans Maandag in die Atlantis-landdroshof op aanklagte van intimidasie, uitbuiting, aanranding en poging tot moord verskyn. Die voorval spruit uit ’n klag van aanranding wat in Bloubergstrand plaasgevind het. Volgens ’n informant is daar op verskeie vuurwapens en magasyne beslag gelê wat by Naudé se huis gevind is. Daar is glo ook op weermagdrag beslag gelê.Naudé is glo ’n boesemvriend van Mark Lifman wat met Donkie Booysen, vermeende leier van die Sexy Boys, bevriend is. Farquharson is ’n private speurder. Hy het glo adv. Pete Mihalik se vermeende hit man opgespoor. Naudé en Farquharson se borgtog-voorwaardes bepaal dat hulle die staat in kennis moet stel as hulle ook sosiale aktiwiteite in die dorp wil bywoon. Die saak is op 15 Mei weer in die Atlantis-landdroshof.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.