Twee rus ná 40 jaar diens

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

TWEE manne in blou het die SAPD onlangs gegroet.Kol. Christo Ferdinand Gerber het ná 41 jaar diens afgetree, terwyl lt.kol. Ezrah Sefaley ná 40 jaar diens gegroet het.Gerber is van Port Elizabeth. Hy het in 1977 by die polisie aangesluit en op 31 Januarie vanjaar afgetree.Hy het gewerk in die kantoor van die areakommissaris in Port Elizabeth. Hy was deur die jare gestasioneer by die SAPD in New Bright­on, Motherwell, Bethelsdorp, Humewood en die Mountweg- operasionele bevelsentrum.Gerber het gesê hy het by die polisie aangesluit omdat hy ’n verskil in gemeenskappe wou maak vir die slagoffers se onthalwe en om die onskuldiges teen misdadigers te beskerm.Nalatenskap“In my loopbaan het ek baie interessante mense en insidente teëgekom. Dit was regtig ’n groot voorreg en eer om ’n lid te wees van my familie in blou.“Wat ook al my toekoms inhou, sal ek altyd kan sê ek was een van julle, my SAPD-familie.”Die Mountweg cluster se bevelvoerder, brig. Andrew Louw, het gesê: “Jy is een van die legendes in Port Elizabeth. Jou loopbaan in die SAPD was ’n sukses en jy los ’n nalatenskap waarna baie kan streef.“Jy is ’n man van jou woord en jou kennis en ervaring gaan gemis word.”Sefaley, van Hankey, is die voormalige adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse Polisie-unie (Sapu) en die stasiebevelvoerder van die Hankey-polisiestasie.Hy het in Mei 1975 by die polisie aangesluit en sy laaste dag as polisieman was op 31 Januarie.Hy het deur die jare onder meer in die kommunikasie-afdeling gewerk en was die stasiebevelvoerder van verskeie stasies.’n Emosionele Sefaley het gesê: “Ek gee die aflosstokkie aan die volgende persoon, want ek het die laaste rondte voltooi.“In my loopbaan was ek ’n selflose leier en ’n toegewyde werknemer.“Ek moet noem dat ek ook ’n werwingsbeampte was en my rekrute is nou in die SAPD se senior bestuur. Dit maak my baie trots.”Die bevelvoerder van die Humansdorp cluster, brig. John Lebok, het van hom afskeid geneem.“Jy het jou merk gelos en die SAPD is trots om ’n persoon te hê wat sy handelsmerk met menslikheid en trots gedra het.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/twee-rus-na-40-jaar-diens-20190203

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.