Twee vas ná lyke uitkom

Please log in or register to like posts.
News
Twee vas ná lyke uitkom

’N MAN en sy vermeende handlanger is gearresteer nadat sewe lyke in ’n huis in Vlak­fontein suid van Johannesburg gekry is.Die oorskot van drie vroue en vier kinders is ontdek waar dit in vlak sand in ’n agterkamer van die huis begrawe was.Die lyke is gekry nadat ’n inwoner oor ’n aaklige reuk gekla het.Die kinders is tussen 2 en 11 jaar oud.Kapt. Mavela Masondo sê twee mans is in vir die moorde hegtenis geneem.Masondo kon nie bevestig op hoeveel aanklagte van verkragting die hoofverdagte gaan verskyn of wie die slagoffers is wat die man na bewering verkrag het nie.Die man is in besit van twee van die slagoffers se bankkaarte gevind. Die twee verskyn vandag in die landdroshof in Lenasia. – News24

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply