Twee vas oor coke, Mandrax

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TWEE mans verskyn vandeesweek in die hof in Gonubie vir die beweerde handel in dwelms. Kapt. Hazel Mqala, ’n woordvoerder van die polisie, sê ná ’n tip-off is die polisie na ’n perseel waar daar in dwelms handel gedryf is. Lede van die honde-eenheid het oor die muur gespring en eindelik deur ’n oop garagedeur toegang tot die huis verkry. SoektogDie polisie het aan die mense op die perseel gesê wie hulle is en hulle die search warrant gewys.“Kort nadat die soektog begin het, het die polisie Mandrax met ’n straatwaarde van byna R40 000 en ’n onbekende bedrag kontant gevind. “Die polisie het ook beslag gelê op 14,9 g he­roïen wat in die huis gevind is, sowel as digitale kameras en laptops wat vermoedelik gesteel is.”Die twee verdagtes is onderskeidelik 33 en 35 jaar oud.Hulle verskyn vandag in die hof.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/twee-vas-oor-coke-mandrax-20190128

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.