Twee vas oor sakke dagga

Please log in or register to like posts.
News
Twee vas oor sakke dagga

TWEE verdagtes is in hegtenis geneem nadat die polisie beslag gelê het op 35 kg dagga wat gevind is in Bethelsdorp in die Baaise noordelike gebiede.Donderdag het die polisie gereageer op verdagte aktiwiteite en dié vonds gemaak.“Die PE-blitspatrollie het inligting opgevolg in die Beth­elsdorp-area.“Die voertuig, ’n wit Ford Fiesta, is in Stanfordweg naby Marikana gesien.“Toe die polisie ’n U-draai gemaak, het die drywer van die Fiesta begin jaag.“Die voertuig is uiteindelik gestop en die drywer het in ’n nabye beboste area ingehardloop. Die ander twee insittendes het in die voertuig bly sit,” sê kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder.Toe die polisielede die voertuig deursoek, het hulle 36 mediumgroot sakke vol dagga op die agterste sitplek, 62 klein sakkies met dagga daarin en ’n klein bedrag kontant gevind.HandelDie geskatte straatwaarde van die dagga is R30 000.Die twee insittendes (26 en 39 jaar oud) is gearresteer en aangehou op klagte van handel in dagga en die onwettige besit van dagga.Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.