Twee vas vir aanval op cop

Please log in or register to like posts.
News
Twee vas vir aanval op cop

TWEE mans is gearresteer nadat hulle na bewering ’n polisiebeampte aangerand het.Die Bityi-polisie en lede van die blitspatrollie het die twee verdagtes vasgetrek.Hulle het glo ’n 35-jarige adjudant-offisier van dié polisiestasie aangerand.“Die voorval het Woensdag omstreeks 10:00 plaasgevind. “Luidens ’n verslag het die twee verdagtes ook die balju se voertuig in die Chanti-lokasie in Qunu beskadig,” sê kapt. Dineo Koena, ’n polisiewoordvoerder.Lede van die Bityi-polisiestasie en die operasionele bevelsentrum het die balju vergesel om ’n hofbevel vir die beslaglegging op vee uit te voer.BeseringsVolgens Koena het omgekrapte gemeenskapslede probeer keer dat die balju sy plig uitvoer. Die polisiebeamptes het ingegryp en dis tóé dat die voorval plaasgevind het.“Een van die twee polisiebeamptes is aangerand en het beserings aan die bolyf opgedoen. “Die beampte is in ’n stabiele toestand na ’n nabye hospitaal geneem en later ontslaan. “Die balju se voertuig is met stokke beskadig,” vertel Koena­ verder.Die twee verdagtes is aangekla van die aanranding van ’n polisiebeampte, kwaadwillige saakbeskadiging, dwarsboming en verontagsaming van die gereg en die oortreding van ’n hofbevel.Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Bityi-hof verskyn op dié klagte.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.