Tweede ou val op selfde plek

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N MAN is binne 24 uur in Wes­einde in die Baaise noordelike gebiede doodgeskiet op dieselfde plek as ’n ander man die vorige dag.Kort ná gister se moord het gerugte die rondte begin doen dat Marlon Koopman (43) geskiet is omdat hy glo ’n ooggetuie was in die moord Maandag op Sheldon van Schalkwyk (29).Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, ontken dit. Volgens haar hou die twee moorde nie met mekaar verband nie.Die moorde het op presies dieselfde plek in Rensburgstraat, oorkant die vrugtemark, gebeur.Koopman het volgens inwoners mechanic-werk naby die vrugtemark gedoen.Sy lewe is gister om en by 09:15 kortgeknip.“Die sigbare bende-ingrypingspan het in Rensburgstraat gepatrolleer toe die lede ’n groep mense in die straat gesien staan het.Marlon is gister dood geskiet op dieselfde plek waar Sheldon Van Schalkwyk dood geskiet is omdat hy blykbaar gesien het hoe dat n paar mans Sheldon doodgeskiet het. Polisie was weer vinnig op die toneel gewees gister. foto: Theo Jeptha. 20/11/2018 Marlon Daniels(PA) het gister met son gesels oor die skokkende toestant wat die Schauder Swembaddens is nadat die swembaddens amper afgebreek is tot grond vlak. Foto: Theo Jeptha. 12/1 het gister met son gesels oor die skokkende toestant wat die Schauder Swembaddens is nadat die swembaddens amper afgebreek is tot grond vlak. Foto: Theo Jeptha. 12/11/2018Foto: “Hulle het stilgehou en ’n man met verskeie koeëlwonde daar gesien lê.”Die polisie het hom identify.Niemand kon of wou ’n woord rep oor wat presies gebeur het nie.Daarom is die omstandighede rondom Koopman se dood nog onbekend.Naidu sê die bende-eenheid ondersoek ’n moordsaak.Iemand wat Koopman geken het, het hom as ’n “rustige mannetjie” beskryf.“Hy was afgekoel. Hy het net gewerk hierso – hy was lief vir sy werk en was elke dag hier. Toe ek hier kom, was ek geskok om te hoor dis hy.”Tientalle nuuskieriges het op die toneel saamgedrom. Koopman se lyk het net ’n meter gelê van waar Van Schalkwyk se lyk Maandag was.Maandag om en by 09:40 is minstens vier skote gehoor en Van Schalkwyk is noodlottig in die kop en linkerarm gewond.Hy het volgens Naidu met iemand in die straat gepraat toe twee onbekende mans hom genader en skote op hom afgevuur het. Die verdagtes het weggehardloop.Teen gistermiddag laat was daar nog geen inhegtenisnemings in enige van die twee moorde nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/tweede-ou-val-op-selfde-plek-20181120

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.