Uit graf maak sy ma trots

Please log in or register to like posts.
News
Uit graf maak sy ma trots

HAAR prestasies getuig selfs ná haar dood daarvan dat sy ’n ware uitblinker was.Kort nadat die 19-jarige Keisha Ruiters verlede jaar in haar hospitaalbed haar laaste matriekvak geskryf het, het sy haar laaste asem uitgeblaas.Toe die uitslae van laas jaar se eindeksamen Vrydag uitkom, het haar mammie, die 35-jarige Lynette Ruiters van Uitsig, tegelyk groot blydskap én hartseer ervaar.Haar meisiekind het dan selfs een onderskeiding gekry en met volle univer­siteitstoelating geslaag!“Sy was die beste kind waarvoor ’n ma kon vra,” sê Lynette. Keisha is oorlede aan leukemie, ’n tipe bloedkanker.Lynette het Vrydag self na die Hoërskool Marian gegaan om haar ontslape kind se uitslae te gaan haal.Die ma sê saggies: “Ek weet nie hoe ek gevoel het toe ek by die skool kom nie. Geskitter“Toe ek sien hoe die ander kinders aangaan oor hul uitslae, het ek gewens Keisha was ook daar.“Ek het gewens sy kon self sien wat die uitkoms van haar harde werk was. “Ek wou gehad het sy moet dit self ervaar.“Sy het altyd gesê sy doen dit vir my, maar ek het altyd daarop aangedring dat dit vir haar eie future is.”Volgens Lynette moes Keisha haar laaste twee vraestelle, Afrikaans en Engels, in die hospitaal skryf.Die ma is veral bly haar kind het geskitter in haar favourite vak, geskiedenis. Dié het sy nog in die klas­kamer geskryf.Tussen die eina deur smile die ma.“Keisha het 94% gekry vir haar gunstelingvak, geskiedenis. Sy was al baie swak toe sy dit geskryf het. “Ek wou haar hospitaal toe neem, maar sy het daarop aangedring om dit te gaan skryf. Die onnie sê as sy sterk genoeg sou gewees het, kon sy maklik 100% daarvoor gekry het.”Lynette het nie ’n maklike Kerstyd deurgemaak nie. Die seer en rou van haar kind se dood lê nog vlak.Leukemie is in Mei 2017 by Keisha gediagnoseer. ’n Maand later het sy by die Tygerberg-hospitaal met chemoterapie begin.Lynette sê die chemo was vir haar die hardste om te hanteer. Sy kon sien hoe Keisha ly.Volgens Lynette het die dokters voorspel die chemo sou werk omdat Keisha al die regte simp­tome gehad het wat pasiënte toon wat dié behandeling kry.Tydens die treat­ments het Keisha haar bos hare verloor en erg naar geraak.Lynette sê huilend: “Keisha het my soms gevra: ‘Waarom ek, Mammie?’“Ek kon nie voor haar huil nie. Maar elke keer wanneer ek die deur agter haar toegemaak het, het my trane vanself geval.“Voor haar moes ek my sterk en positief hou. Somtyds het ek gewens ek kon die pyn wegvat van haar.”Te midde van al Keisha se struggles het sy in haar matriekjaar vier diplomas by haar skool verwerf.Die een wat seker die meeste uitstaan, is dié een wat sê “top achiever”.

Reactions

Nobody liked ?