Uitlander oorleef hit op straat

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N BUITELANDER in Noordeinde in die Baai is verskeie kere geskiet, maar het oorleef.’n Saak van poging tot moord word nou ondersoek.Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer (44) is buite die gebou geskiet waar hy woon.Motief“Volgens die polisie se inligting het die slagoffer omstreeks 11:45 op die hoek van Elizabethstraat en Govan Mbeki-laan, Noordeinde, met iemand gestaan en praat.“ ’n Onbekende man het hom genader en talle skote op hom afgevuur. Die man het toe in ’n wit Nissan-bakkie sonder ’n kap geklim wat verder in die pad af gestaan het, en weggery,” aldus Naidu.Die slagoffer is met ’n kar hospitaal toe geneem.Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/uitlander-oorleef-hit-op-straat-20190312

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.