Uittrappery ’n (flip)flop | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

SY VERLOOR nou nog haar eetlus as sy dink aan die embarrassing ordeal waardeur sy moes gaan.Hoewel sy aanvanklik eers saam gelag het, het sy gou besef dis nie so snaaks nie.Maxime Lee (18) van Palmridge in die Baaise noordelike gebiede is nou nog skaam oor wat haar supervisor van Tekkie Town aan haar gedoen het.Lee werk al sedert­ April by dié skoenwinkel in die Baywest-winkelsentrum.Sy sê: “Dit het Vrydag tussen 15:00 en 16:00 gebeur. Dit was heeldag stil en daar was nie veel om nog te doen nie. Ek het toe met ’n kollega gepraat en gejoke en hard gelag.”Lee voeg by: “My super­visor het my toe aan die arm gegryp en ’n koki-pen in my hand gesit en gesê ek moet die volgende op ’n bordjie skryf: ‘I don’t listen to my supervisor; now I’m in the naughty corner.’ ”ernstig: Marlon Daniels (links) luister terwyl Maxime Lee vertel van haar vernederende ervaring by haar werk. Thozama Spielman, die super­visor, het toe vir Lee gesê om in die winkel se vertoonvenster te staan met dié nota op haar bors.Sy het haar gesig en die nota probeer toehou, maar toe kom Spielman glo aan met ’n stuk plastiek waarmee sy Lee se hande agter haar rug vasgemaak het.Toe Lee later in die winkel in skree dat sy jammer is, het Spielman na bewering ’n stuk tape oor Lee se mond geplak.“Baie mense het gelag en foto’s geneem. Ek het seker ’n uur so gestaan.“Ek het die stuk Sellotape van my mond af geblaas en later die sekerheidswag wat by die mall werk vir hulp gevra. Prank“Toe hy met haar gaan praat, het sy net gesê sý is die supervisor in die winkel,” vertel Lee voort.Die volgende dag het Spielman vir Lee ’n selfoonboodskap gestuur wat sê dit was net ’n prank.Maxime Lee Foto’s: THEO JEPTHAMarlon Daniels van die Patriotic Alliance het intussen Maandag self na die winkel toe gegaan. Daar het hy die bestuur gedreig om die winkel toe te maak – anders bring hy nog mense wat dit vír hulle sal doen. Hulle het toe die deure gesluit.“Maxime gaan berading kry by ’n independent sielkundige. Sy is baie getraumatiseer. Sy is expose soos ’n vrou wat in die openbaar kaal uitgetrek is,” sê Daniels.Op 7 Oktober het Tekkie Town op sy Facebook-blad gesê ’n ondersoek is klaar aan die gang en hy gaan aan Lee berading bied.Op 8 Oktober het Tekkie Town weer op sy blad gesê sy bedryfshoof het die voorafgaande ondersoek afgehandel.“Die supervisor is geskors vir verdere ondersoek en ’n formele dissiplinêre prosedure. Tekkie Town veroordeel gedrag wat ons span en ons klante se waardigheid ondermyn. Ons hou by ons waardes en sal geen gedrag duld wat dit ondermyn nie.”Kapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van crimen injuria is Maandag geopen.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/uittrappery-n-flipflop-20181009

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.