Vakbond keer studente weg | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Vakbond keer studente weg | Die Son

DIE nasionale staking deur die lede van die National Educa­tion­­­, Health and Allied Workers’­ Union (Nehawu) duur voort.Dit beteken die studente van die Port Elizabeth TVET College kon die afgelope byna twee weke, sedert 14 Februarie, nie klas loop of toetse skryf nie.Gister het Nehawu-lede by van die kampusse bymekaar gekom om die studente in te lig dat daar steeds nie klasse sal wees nie.Die Nehawu-lid wat die studente en werkers toegespreek het voor die geslote hekke van die Russel Road-kampus, wou nie haar naam aan Son verskaf nie. Sy het egter ’n lys van die vakbond se eise gegee.Lede eis onder meer dat die nuwe salarisstrukture gefinaliseer word en dat salarisskale reggemaak moet word.PermanentDie stakers eis verder dat werk eerder ingekontrakteer word. Hulle wil hê alle tydelike werknemers moet permanent aangestel word.Hulle soek nie meer fraksionele werk-ure nie en wil hê die werktoestande in die sektor moet gestandaardiseer word.Verder soek Nehawu-lede ’n infrastruktuur-toelaag en eis dat die huidige befondsingsmodel hersien word.Hulle wil ook hê dat alle uitstaande sertifikate en diplomas­ uitgereik word.Miki Jaceni, Nehawu se provinsiale­ sekretaris, sê op ’n vergadering dié naweek het lede besluit om voort te gaan met die staking, veral omdat die vergadering met die minister­ van hoër onderrig en opleiding, Naledi Pandor, misluk het.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.