Vark slaan, beroof vroue (76, 77)

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

TWEE vroue is in hulle aftree­oord in Walmer beroof.Een van hulle, ’n 76-jarige vrou, het omstreeks 04:15 wakker geskrik toe die deur van haar flat in Buffelsfonteinweg oopgeskop is.’n Polisiewoordvoerder, kol. Priscilla Naidu, sê die inbreker het die vrou geklap en teen die vloer gegooi, waarna hy ’n TV-stel en haar selfoon gesteel het.Toe sy na haar buurvrou gaan vir hulp, was die inbreker ook in háár flat.Hy het glo toegang verkry daartoe deur ’n deur wat nie gesluit was nie.Hy het die 77-jarige vrou met ’n onbekende voorwerp oor die kop geslaan en haar DVD-speler gesteel.Ander inwoners wat wakker geword het van die geraas, het tot die twee vroue se redding gekom.SekuriteitDie 77-jarige slagoffer is in ’n hospitaal opgeneem.Naidu sê aangesien die tehuis se sekuriteit skerp is, is daar onsekerheid oor hoe die inbreker toegang verkry het.Naidu sê die polisie raai inwoners van komplekse ten sterkste aan om sekerheidshekke vir hul deure te installeer.Sy sê: “ ’n Mens dink dalk jy is veilig, maar misdadigers is desperaat en sal ’n manier vind om by ’n kompleks in te breek.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vark-slaan-beroof-vroue-76-77-20181118

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.