Vastrap suffer voort | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE woord haglik kan nie eens voldoende beskryf in watter omstandighede die inwoners van Vastrap woon nie.Hulle moet hulself verlig in emmers en ver stap om by lekkende krane te gaan water haal.Mense wat nie onwettige kragdrade gespan het nie, maak vuur om te kook.Sommige mense woon reeds 13 jaar in Vastrap in afwagting van ’n huis.Simphiwe Busakwe (37) verduidelik: “Die burgemeester (Mongameli Bobani) het beloftes gemaak. “Dit is amper verkiesingstyd. Al wanneer ons belangrik is, is wanneer ons ’n kruisie trek. Ons het sy kantoor gebel en e-posse gestuur, maar niks gehoor nie. Ek het die burgemeester Vrydag gewaarsku oor die betogings.”Busakwe sê toe Bobani en sy volgelinge daar was, het hulle belowe om die vullis te laat verwyder, waterlekkasies te laat herstel en vir elke inwoner ’n erf toe te wys.Octavia Minto (39) sê verlede week is ’n vrou in Vastrap en ’n drie maande oue baba weens hierdie toestande oorlede. “Daar is R100 000 vir skoonmaak begroot en in die IDP meeting het hulle gesê R5 miljoen is begroot vir die ontwikkeling van huise in Vastrap. Wat het van daai geld geword?” vra Minto.Marlene Booysens (56) is in ’n rolstoel nadat albei haar bene weens gangreen afgesit is. Sy verlig haarself in ’n emmer. Reën kom by haar stukkende vensters in.Sy soek net die huis wat vir haar belowe is. Booysen het die burgemeester laas jaar ontmoet. Hy het vir haar gesê hulle sal oor drie weke terugkeer, maar dit nooit gedoen nie.Die container waarin Magdalene Peterson (71) woon, lek op verskeie plekke. Sy moet dit met haar pensioengeld laat herstel. “Die gangsters hardloop hier op en af. Hier is al twee mans hier doodgeskiet. Ek kan nie meer hier bly nie.”Anele Danyile (34) sê hulle het gisteroggend by Jurassic Park (langs Nooitge­dacht­weg) betoog toe die metropolisie “seker so vyf keer met regte bullets” op hulle geskiet het.BedreigYolanda Faro, hoof van die metropolisie, sê die lede het net waarskuwingskote afgevuur. Dít is gedoen nadat hulle met klippe gegooi is en nadat 15 mense op ’n bus beroof is. Die bus is ook met klippe bestook.“Die metropolisielede het vir die groep betogers geskree om op te hou,” verduidelik Faro. “Hulle het aangehou om ander se lewe te bedreig. “Een van die lede het sy dienspistool gebruik om in ’n veilige rigting twee waarskuwingskote af te vuur. “Niemand het beserings opgedoen nie.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vastrap-suffer-voort-20190219

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.