Vele vier L-Jay | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

GISTER sou klein L-Jay Peterson van Gelvan­dale 10 jaar oud geword het.Daarom het skoolmaats van die Primêre Skool Republiek, onnies en geliefdes ’n spesiale gedenkdiens in die Congregational Church in Windvogel gehou.

Dié kerk in die Baaise noordelike gebiede was stampvol en die trane het gevloei.Op die tafel voor in die kerk was ’n foto van L-Jay, ’n kers met sy gesig op en ’n Manchester United-verjaardagkoek.’n Munisipale brandwa het L-Jay verlede Dinsdagmiddag ná skool in Standfordweg doodgery.L-Jay se ma en pa, Sharon Williams en Lionel Peterson, is stukkend oor hulle seun se dood.Dit was volgens hulle een van L-Jay se drome om eendag ’n brandweerman te word.In die kerk het die ouers kort-kort gehuil.“Dit is vir ons ’n droewe tyd, maar ons is ook hier om te jubel en te juig vir L-Jay se lewe, al was hy hoe jonk,” het Charles Adams, die skoolhoof, op die diens gesê.Benita le Roux, L-Jay se gr. 3-juffrou, was ook hartseer.

Sy het L-Jay twee jaar geken.“Dit was wonderlik om hom in my klas te hê. Jy word een met die kinders en hulle kruip handeviervoet in jou hart in.“Hy was ’n baie stil, teruggetrokke en goed gemanierde kind. Ek het besonder lief geraak vir L-Jay.“Ek sal altyd sy onskuldige gesiggie onthou.”HUIL: Lionel Peterson, L-Jay se pa, kan nie sy trane keer nie. Langs hom sit sy vrou, Susan.MUSIEK: L-Jay Peterson was lid van die kerk se seunsbrigade.HULDE: Klasmaats lees hulle briefies aan L-Jay Peterson. By hulle staan hulle gr. 3-juffrou, Benita le Roux.ONTHOU: L-Jay Peterson se gedenkdiens word gister in die Congregational Church in Windvogel gehou.Foto’s: Theo JepthaTREUR: Sharon Williams (links), L-Jay Peterson se ma, woon haar kind se gedenkdiens saam met geliefdes by.Charlene Swartz, wat in beheer is van die seuns­brigade by die kerk, het gesê L-Jay het in 2017 daar aangesluit.Volgens haar was hy trots om lid van die brigade te wees. Hy was altyd netjies in sy uniform.“L-Jay het nooit kwaad geraak nie en het altyd ’n glimlag op sy gesig gehad. Hy het dissipline en respek gehad,” het Swartz gesê.’n Paar van L-Jay se klasmaats wat briefies aan hom geskryf het, het dit hardop in die kerk gelees.L-Jay sal Saterdag ter ruste gelê word en sal volgens sy ma sy seunsbrigade-uniform aanhê.

Die burgemeester, Mongameli Bobani, en ander hoës het die treurende familie verlede week besoek en beloof die Metro sal vir van die begrafniskoste sorg.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vele-vier-l-jay-20180925

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.