Verbyganger help ou vang | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N WAKKER gemeenskapslid het verseker dat ’n 25-jarige man gister in die Baaise landdroshof verskyn het op klagte van sakeroof, poging tot hijacking­ en die rig van ’n vuurwapen. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê lede van Atlas-sekuriteit en daarna die polisie het die gemeenskapslid bygestaan toe die vermeende rower gearresteer is. Die voorval het Dinsdag omstreeks 16:00 gebeur toe die verdagte by ’n sakeperseel in 4de Laan, Newton Park, ingaan en die kassier met ’n vuurwapen aanhou. “Die gemeenskapslid het verby geloop en die herhaalde geluid van ’n taser gehoor.“Toe hy by die winkel inkyk, het hy gesien hoe die verdagte, met sy gesig half toe, die 36-jarige klaer dreig. Agternagesit“Hy het toe gehardloop op soek na hulp en ’n Atlas-voertuig van die pad getrek. “Dieselfde tyd het die verdagte uit die winkel gehardloop in die rigting van die straathoek. Die gemeenskapslid en Atlas-lede het die verdagte agternagesit. “Dit is toe dat hy probeer het om ’n vrou te hijack wat net by ’n parkeerarea ingedraai het. “Die gemeenskapslid en Atlas-lede het hom egter gevang, waarna die verdagte oorhandig is aan polisie­beamptes wat kort daarna op die toneel was.” Beslag is gelê op geld wat vermoedelik by die winkel gesteel is. Daar is later vasgestel die gun wat gebruik is, is eintlik ’n speelgoedwapen. Speurders is nou besig om te ondersoek of die verdagte met ander rooftogte verbind kan word. Een van dié sake is toe ’n vis-en-chips-winkel in Kabega Park verlede week beroof is deur ’n man wat ’n taser gebruik het. Genl.maj. Thembisile Patekile, bevelvoerder van die Mountweg-polisiegroep, het die gemeenskapslid en veiligheidsmaatskappy bedank vir hulle vinnige optrede en die arrestasie van die verdagte.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/verbyganger-help-ou-vang-20181115

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.