Verdagte sê hy los ou by tavern

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HY WAS nie onder die groep mense wat Quinton David Williams aangerand en vermoor het nie.So het die moordbeskuldigde Jean-Claude Uithaler (20) van Chatty gister by monde van sy lawyer, adv. Elsabet Theron, in die Baaise hooggeregshof gesê.Uithaler pleit saam met Khawulelani Gqunta (19) en Sinethemba Mfihlo, ook van Chatty, onskuldig op klagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Williams – ’n bewaarder by die St. Albans-gevangenis – is in die vroeë oggendure­ van 14 Junie 2014 doodgemartel toe hy vanaf ’n tavern op pad was huis toe.Volgens Theron was Uithaler die aand van 13 Junie 2014 by Zola’s Tavern, maar is daarna reguit huis toe.Volgens haar het Uithaler die oorledene vroeër by die tavern gesien waar die oorledene besig was om met sy (die oorledene se) pa en nog ander mense te drink.LiegTheron sê net toe Uithaler­ op pad was om te loop, het hy gesien hoe die oorledene­ se pa en ’n pel hom (die oorledene) help omdat hy dronk gelyk het.Volgens haar het Uithaler hulle net daar gelos en is hy huis toe. Theron sê Uithaler ken nie die oorledene nie.Volgens Theron is dit Uithaler se instruksies dat die staatsgetuie lieg of sy maak ’n fout, want hy was nie onder die groep mense wat Williams aangerand en vermoor het nie.Die getuie hou toe vol Uithaler was onder die groep mense wat Williams aangerand het.Volgens Theron het Uithaler se pa die next oggend vir hom (Uithaler) en sy ma gesê die gemeenskap beweer hulle (die beskuldigde en sy pa) het Williams vermoor.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/verdagte-se-hy-los-ou-by-tavern-20181016

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.