Verdagte se pa vol lofsange

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE pa van ’n man vat teregstaan vir die moord op sy vrou, het Vrydag sy seun se praises in die Baaise hooggeregshof besing.Déne Stebuys (43) se pa, Isak (71), het Vrydag in die getuiebank ingeskuif. Die Humansdorper word daarvan verdink dat hy sy 36-jarige vrou, Marilyn, op 5 Junie 2016 doodgemartel het.Volgens Isak was Déne as kind en jong man baie gehoorsaam. Hy het altyd gedoen wat sy ouers gesê het en was glad nie gewelddadig nie.Isak sê Déne het goed vir Marilyn en die kinders gesorg en hy het sy seun nog nooit kwaad gesien nie.Volgens hom was daar geen tekortkominge in Déne se huishouding nie. Isak sê verder Déne en Marilyn het ’n baie geseënde huwelik gehad, maar dinge het in 2013 begin verander.“Daar was toe probleme in hulle huwelik. “Marilyn het ’n verhouding met iemand gehad. Ek weet nie wie die persoon is nie.”Volgens Isak was daar later ook issues oor geld in die huwelik.Hy sê Marilyn het by Déne geld gevra, wat sy dan gebruik het om drank te koop.Volgens Isak het Marilyn tantrums gegooi totdat Déne geswig en haar maar die geld gegee het.Isak sê ondanks die stryery tussen Déne en Marilyn het sy seun steeds “liefde aan haar betoon”.Dan het Isak ook uitgepak oor hoe Marilyn hom en sy vrou uit Déne se kar probeer skop het toe Déne in die hof moes verskyn het nadat Marilyn ’n beskermingsbevel teen hom bekom het.Isak sê op die dag van Marilyn se dood het Déne en sy neefs laatmiddag by sy (Isak se) se huis aangekom.Daar, sê hy, het hulle musiek gemaak. Volgens Isak is Déne die aand 19:30 terug huis toe.Isak het onder kruisverhoor gesê hy is baie lief vir sy seun en hy sal enigiets doen om hom te beskerm.“Ek móét, want ek is sy pa.”Volgens Isak het Marilyn hom in 2013 laat toesluit omdat hy na bewering iemand betas het. “Ek het dit hanteer soos God.” Volgens hom het Déne nooit op Marilyn gevloek of haar uitgeskel oor haar affair nie.Isak het voorts uitgepak oor hoe Marilyn vir Déne met ’n bierbottel geslaan en met ’n eetvurk gesteek het.Volgens Isak het Marilyn in ’n stadium vir hom gesê Déne het hulle seun Denwin gesteek.“Toe ek daar kom, was Denwin nie gesteek nie.”Adv. Ismat Cerfontein kla aan.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/verdagte-se-pa-vol-lofsange-20181118

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.