Verdagtes blitsig vasgetrek | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

OP EN wakker gemeenskaps­lede van Windvogel in die Baaise Northerns het die polisie gehelp om blitsvinnig twee vermeende rowers vas te trek. Die rooftog het gebeur toe die 38-jarige bestuurder van ’n taxi Saterdag om 11:20 die twee verdagtes by Cleary Park opgetel het. Hulle het in die rigting van Salt Lake gery toe een van die verdagtes ’n vuurwapen uithaal en dit rig op die drywer en sy neef (36), wat op die voorste sitplek gesit het. Albei is van hulle selfone beroof. “Toe die vreesbevange bestuurder tot voor aankomende verkeer in Stanfordweg swerve­, het die verdagtes, onderskeidelik 24 en 26 jaar oud, uit die kar gespring en weggehardloop,” sê kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder. Lede van die Mountweg-polisiegroep was in die omgewing en het by die klaers gestop. UitgekenDie gemeenskap van Windvogel het toe vir die polisie gesê waar die rowers wegkruip. Albei verdagtes is toe aan die agterkant van aparte huise in die gebied gearresteer. Die gesteelde selfone is teruggevind. Die klaer het reeds die verdagtes positief uitgeken. “Daar is later vasgestel die verdagtes het ’n gaswapen in die rooftog gebruik.” Die verdagtes verskyn vandag in die plaaslike landdroshof op klagte van rooftog met ’n vuurwapen, die besit van ’n imitation vuurwapen in terme van die Firearms Control Act en aanranding. Genl.maj. Thembisile Pate­kile, bevelvoerder van die Mountweg-polisiegroep, het die gemeenskap geprys vir hulle bydrae tot die inhegtenisneming van die verdagtes. “Die gemeenskap speel ’n reuse-rol in die versekering dat ons areas veilig is van misdadigers. “Hulle is die oë en ore van die polisie en samewerking soos dié wys as ons saamwerk, het misdadigers geen plek nie.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/verdagtes-blitsig-vasgetrek-20181217-2

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.