Verdagtes blitsig vasgetrek | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TWEE verdagtes is binne ure ná die misdaad gearresteer.Die gewapende rooftog het Woensdag in Booysenpark plaasgevind.Die polisiewoordvoerder kapt. Sandra Janse van Rensburg het gesê: “Die klaer het omstreeks 01:25 in sy huis in Lombardstraat op sy bank gelê. Hy het ná ’n klop aan die deur wakker geword. “Daar was drie verdagtes in sy huis. Hulle was met messe gewapen.” Die verdagtes het die klaer na die kamer gevat waarin die res van sy familie was.“Hulle het geld geëis, maar eindelik gevlug met selfone, tekkies, ’n PlayStation en ’n DVD-speler. Geneem“Niemand is tydens die rooftog beseer nie. Die verdagtes het te voet gevlug.“Die Bethelsdorp-taakspan het onmiddellik inligting opgevolg. Woensdag omstreeks 09:25 is twee verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde eiendom. Albei verdagtes sal in die week in die Baaise landdroshof verskyn.”Volgens die woordvoerder is die verdagtes onderskeidelik 19 en 22 jaar oud.Die polisie gaan ook nou kyk of die verdagtes by enige ander misdade in die omgewing betrokke was.Genl.maj. Thembisile Patekile, bevelvoerder van die Mountweg-cluster, het die lede geprys vir hule vinnige reaksie en die arrestasies.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/verdagtes-blitsig-vasgetrek-20181025

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.