Verdediging moan weer oor toegang

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

“JY IS verplig om toe te sien dat almal vrye toegang tot die hof het.”So het past. Timothy Omotoso (60) en sy co-accused se lawyer, Peter Daubermann, gister aan regter Mandela Makaula gesê toe hy die hof opnuut toegespreek het oor die veiligheid van sy kliënte, hulle familie en supporters. Daubermann het Makaula daaraan herinner dat toe hy (Daubermann) by ’n vorige geleentheid hieroor gemoan het, het Makaula geantwoord die familie en sup­port­ers moet gaan sake maak by die polisie of ’n interdik bekom.Daubermann sê gister aan Makaula die beskuldigdes is geregtig daarop om ’n regverdige trial in ’n openbare hof te kry.“As mense verhoed word om toegang tot die hof te verkry, is dit nie ’n regverdige verhoor in ’n openbare hof nie.”Volgens Daubermann het sekere lede van die publiek nie vrye toegang tot die hof nie en is die verhoor tot nou onregverdig. Daubermann sê die beskuldigdes se konstitusionele regte word misken.SekuriteitHy het gesê as dit aanhou, gaan hy apply vir ’n special entrance by die hof.Daubermann het aan Makaula gesê hy kan die polisiekommissaris summons om vas te stel wat die veiligheidsreëlings by die hof is.Hy het ook voorgestel dat Makaula die hoof van sekuriteit van die hof roep om te getuig oor dié maatreëls by die hof.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/verdediging-moan-weer-oor-toegang-20181030

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply