Verkrag ná sy man nie wil terughê

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N MAN van Centane in die Oos-Kaap word daarvan aangekla dat hy sy eie vrou verkrag het.Kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die Centane-polisie het ’n 46-jarige man Dinsdagaand ge­arresteer vir die verkragting van sy vrou (35).Volgens hom is die egpaar besig om te skei. “Die slagoffer het op Dinsdag 4 Desember omstreeks 11:00 huis toe gegaan om haar besittings te kry.Bygedam“Die verdagte het sy vrou gevra om op te maak, maar die versoek is van die hand gewys.“Daar word beweer dat die verdagte die slagoffer bygedam en haar verkrag het. “Die misdaad is gepleeg in die Mthwaku-township in Feni­ Village,” het die polisiewoordvoerder gesê. Dit is onduidelik of die verdagte se familielede in die omtrek was toe die verkragting gebeur het.Die vrou het ’n saak van verkragting teen haar eie man geopen.Die verdagte het gister reeds in die Centane-landdroshof verskyn.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/verkrag-na-sy-man-nie-wil-terughe-20181206

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.