Verkrag: Vriend van eks in hof

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE verhoor van twee mans wat na bewering ’n vrou onder meer verkrag het, het die afgelope week in die Baaise hooggeregshof begin.Die beskuldigdes is Mziyanda Kana (31) van New Brighton­ en Mziyanda Yoyo (32) van Walmer.Hulle pleit onskuldig op twee klagte van verkragting, ’n klag van poging tot moord, aanranding, ontvoering en twee klagte wat verband hou met die rig van enigiets wat ’n persoon laat glo dis ’n vuurwapen.Luidens die klagstaat het die klaagster in die saak Kana in die vroeë oggendure van 1 Oktober 2016 by Club Loxion­ in Sentraal gesien.Sy het hom herken as ’n vriend van haar eks-boyfriend. Kana was in die geselskap van Yoyo.Die klaagster het die club ná ’n rukkie verlaat toe sy na haar vriende begin soek het.Buite die club het Kana haar approach. Hy het haar toe geforce tot by ’n kar wat oorkant die straat geparkeer was. Die twee beskuldigdes het toe met haar gery tot by die Walmer- informele nedersetting.VuurwapenDie klagstaat lui hulle het daar daar stilgehou by ’n sekere huis en haar toegesluit in ’n kamer waar Kana haar verkrag het.Yoyo het later die vertrek binnegekom. Hy het die klaagster aangerand en ’n vuurwapen op haar gerig.Hy het haar beveel om saam met hom te stap na die voertuig wat buite die huis geparkeer was. Die twee beskuldigdes en ’n onbekende man het toe met haar gery na ’n beboste area naby Victoria Park. Sy is toe beveel om uit die voertuig te klim. Dis hier waar Yoyo en ’n onbekende man haar verkrag het.Daarna het een van hulle ’n vuurwapen op haar gerig. Die persoon het probeer om ’n skoot af te vuur, maar die wapen het nie afgegaan nie.Die onbekende man het toe ’n staalpyp gaan haal en dit in die klaagster se nek gedruk, terwyl Yoyo haar plat op die grond gehou het.Die twee mans het die klaagster net daar gelos en weggery. Luidens die klagstaat word die beskuldigdes positief met die voorval verbind deur middel van DNA.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/verkrag-vriend-van-eks-in-hof-20181017

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.