Verkragter kry life | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N OU is dié week lewenslank tronk toe gestuur nadat hy ’n geestelik versteurde tienermeisie verkrag het.Moenop Pullen (26) is Woensdag in die Baaise landdroshof gevonnis.Op 13 Januarie 2013 was die vrou (19) omstreeks 18:30 in die geselskap van haar 10-jarige suster by die Moodley-gronde in Kleinskool in die Baaise Northerns.Hulle was besig om vee bymekaar te maak.Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê op pad terug huis toe het Pullen hulle genader.Hy het die 19-jarige slagoffer gegryp en die 10-jarige met klippe bestook in ’n poging om van haar ontslae te raak. Hy het toe die 19-jarige vrou na ’n verlate gebou geneem waar hy haar verkrag het.BekendDie 10-jarige meisie het haar ouers gaan vertel wat gebeur en met die hulp van die polisie het hulle die 19-jarige vrou aangetref waar sy op pad terug huis toe was.Pullen – wat bekend is aan die slagoffer – is kort hierna in hegtenis geneem vir verkragting.Hy het toe in die hof verskyn en is op bail vrygelaat.Genl.maj. Thembisile Patekile, die Mountweg-polisie se gebiedsbevelvoerder, het die FCS-eenheid geloof vir sy deeglike ondersoekwerk.Patekile het ook die regstelsel geloof wat gesorg het dat die oortreder tot verantwoording kom. Hy sê die polisie het ’n verantwoordelikheid om die kwesbares in die gemeenskap te beskerm.Volgens hom word hierdie verantwoordelikhede ernstig opgeneem deur middel van deeglike ondersoekwerk, effektiewe inhegtenisnemings en vervolgings.Patekile sê hierdie vonnis moet dien as afskrikmiddel vir ander voor­nemende rapists.Volgens Patekile sal die polisie deur middel van sy FCS-eenhede toesien dat vonnisse soos dié justice bring aan die slagoffers van misdaad.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/verkragter-kry-life-20181129

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.