Verkragter van 68-jarige kry sy loon

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N MAN (26) van die Oos-Kaap is 22 jaar tronkstraf opgelê vir die verkragting van ’n 68-jarige vrou. Die voorval waarvoor Onke Dyubhele gister in die Centane-streekhof gevonnis is, het op 5 September 2016 gebeur. Kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, sê op die dag het die vrou koers uit Centane gekies om by haar dogter in Willowvale te gaan kuier.“Sy wou omstreeks 13:30 ’n rivier oorsteek. “Toe sy by die rivier kom, het sy die beskuldigde daar gekry. “Sonder om ’n woord te sê, het Dyubhele die vrou aangeval en haar saamgesleep tot by nabygeleë bosse waar hy haar verkrag het.”Manatha sê die verkragtingsaak is in die Centane-polisiekantoor geopen.Die saak is oorhandig aan die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksmisdrywe in Butterworth. “Die beskuldigde is toe ge-trace en gearresteer.“Die swaar vonnis wat Dyubhele opgelê is, sal ’n sterk boodskap uitstuur aan oortreders wat vroue en kinders mishandel.”Brig. Ngangema Xakavu, Butterworth se groepbevelvoerder, het die vonnis verwelkom en die ondersoeker in die saak geloof.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/verkragter-van-68-jarige-kry-sy-loon-20190130

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.