Versorgers leef in vrees | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Versorgers leef in vrees | Die Son

HULLE werk vir ’n plek van veiligheid, maar voel nou self baie onveilig.Werkers van die Bonnytoun place of safety in Kraaifontein is ontevrede nadat die bestuur hulle kantore gesluit het. Die plek huisves verhoorafwagtende jeug.Die werknemers is nou bang omdat hulle nou 12 uur lank tussen die verhoor­afwagtende jeugdiges moet wees.Volgens ’n werker wat anoniem wil bly, het die bestuur verlede Vrydag die kantore gesluit en hulle stoele weggevat.Hulle sit nou maar op staalbanke tussen die kinders en moet hulle admin werk daar doen.“Verslae en daaglikse opnames oor hulle gedrag moet gemaak word terwyl ons tussen hulle sit. “Hulle kan ons aanval as hulle hoor wat ons oor hulle rapporteer. Ons het nie ons eie ruimte om vertroulike inligting te hanteer nie,” sê die werker.Niemand het aan hulle verduidelik wat aangaan nie, voer die werker aan.Die werker sê ander jeugsorgwerkers voel ook baie ongelukkig.Hulle is uiters bang om te praat omdat hulle nie hulle werk wil verloor nie.Volgens die werker weet hulle nie meer waar om hulp te soek nie.Personeellede beweer hulle mag ook nie te lank hulle toegelate break vat nie, dan word hulle geroep.Esther Lewis, ’n woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, sê mense wat met kinders en jong mense werk, se werkomgewing word volgens prestasievereistes gestruktureer. Die doelwit is om seker te maak die omgewing is vir die personeel sowel as die inwoners veilig. “Personeel is verantwoordelik vir die direkte toesig oor en versorging van die kinders. “Los stoele word nie binne die fasiliteit toegelaat nie omdat dit ’n hoërisiko-omgewing is. Die kinders kan die stoele as wapens teen die personeel gebruik,” het Lewis­ verduidelik.Lewis het bevestig personeellede het klagtes ingedien oor die onvoldoende ruimte vir wanneer hulle ’n break vat. Sy het gesê hulle kan in die kantien hulle break vat. Die woordvoerder het ook gesê die werkers behoort aan ’n vakbond. Hulle kan eksterne liggame soos die staatsdienskommissie of departement van arbeid nader as hulle dink hulle regte word in die werkplek geskend. Volgens Lewis is daar tot dusver geen sodanige grief of formele klag ingedien nie.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.