Vervoer: Maand van fokus begin

Please log in or register to like posts.
Nuus
Vervoer: Maand van fokus begin

Update
Port Elizabeth

NELSON Mandelabaai moet dié somer een van die veiligste stede in die land wees.Om dit te bereik het die burgemeester, Mongameli Bobani, Dinsdag die begin van vervoermaand aangekondig.Dié veldtog fokus op die beveiliging van die paaie in die metro deur mense wat die padreëls oortree, vas te vat.Daar was Dinsdagoggend ’n massiewe padblokkade op Uitenhageweg­. Bobani het self daar ’n draai gemaak om te kyk dat alles vlot verloop.Oor die metro heen is altesame 14 boetes ter waarde van R9 450 opgelê op een dag.Die verkeersbeamptes het ook gelet op uitstaande lasbriewe en boetes, rybewyse, padwaardigheid en ander kwessies wat met verkeers­reëls te doen het.“Ons loods vervoermaand net ’n maand voor die amptelike begin van ons somerseisoen. “Law enforcement en programme sal gebruik word as deel van die aanloop tot ’n veilige somerseisoen.Aangemoedig“Samewerking met inwoners en bestuurders, veral dié wat te doen het met openbare vervoer, sal ’n soliede fondasie bou om dit te bereik,” sê Bobani.Die Nelson Mandelabaai-metro se verkeer- en lisensie-superintendent, Livingston Simakuhle, het motoriste aangemoedig om na vore te kom om hul uitstaande lasbriewe te check, omdat hulle gearresteer sal word as hulle gevang word by padblokkades.“Die hoofdoel van die inisiatief is om Oktober formeel as vervoermaand te loods. Ons sal op alle tipes vervoer fokus, insluitende fietse. “Ons kyk na padveiligheid en of die motoriste die reëls nakom. “Vandag (Dinsdag) het ons gekyk of motoriste in besit is van die nodige dokumente en of openbare vervoer padwaardig is. “Dit is skokkend om te vind dat daar ’n groot aantal drywers is wat sonder ’n rybewys bestuur. “Dit is ’n risiko vir die algemene publiek,” sê Simakuhle­.Volgens die munisipaliteit is 17 boetes aan ongelisensieerde drywers opgelê, 12 vir ongelisensieerde voertuie en 7 vir motors sonder nommerplate. Een lorrie is van die pad afgehaal.Die padblokkades sal oor die hele stad heen voortduur­ en dit sal ook ná Oktober plaasvind.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vervoer-maand-van-fokus-begin-20181003

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.