Vicious killers aangekeer | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Vicious killers aangekeer | Die Son

’N BABAMOORDENAAR wat in Mei uit die maksimumveiligheidsgevangenis in Mahikeng in NoordWes ontsnap het, is in Mthatha gearresteer. Mandisi Makhanda, sy broer Simphiwe Makhanda en twee ander inmates, Nkululo Vava en Alfred Madela, het hulle lyf op ’n sportdag atleet gehou en uit die Rooigrond-tronk weggehol.Kapt. Dineo Koena, ’n polisiewoordvoerder, sê polisie­lede het Woensdag omstreeks lunch-tyd op ’n tip-off gereageer en op die bus-en-taxi-staanplek in Circus Triangle­ toegeslaan. Mandisi is daar gearresteer. Die uitgeslape karakter het boonop ’n 9 mm-polisiepistool en twee magasyne met 14 patrone by hom gehad.Simphiwe, Mandisi se broer wat saam met hom ontsnap het, is reeds op 7 Oktober in Libode in die Oos-Kaap gearresteer.Die Makhanda-broers is op 3 September 2013 gevonnis tot twee keer lewenslange tronkstraf en ’n bykomende 18 jaar nadat hulle skuldig bevind is aan ontvoering, moord, verkragting en poging tot moord. GekapDié klagte hou verband met die ontvoering van ’n vier maande oue baba en sy ma. Die hof het bevind die twee uitvaagsels het die baba se kop ten aanskoue van die ma teen ’n rots gekap totdat die kind dood is. Daarna het hulle die ma verkrag, meer as tien keer gesteek, haar keel oopgekloof en probeer om haar oë uit te steek.Die ma het die aanval wonderbaarlik oorleef. Regter Samkelo Gura het in sy uitspraak gesê die moord was barbaars en die poging tot moord brutaal. Hy het verder gesê dit was die eerste keer in sy loopbaan dat hy te doen gehad het met so ’n wrede moord op ’n vier maande oue baba.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply