‘Victim (9) is in staat om te getuig’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N JONG man wat teregstaan vir die rape van ’n negejarige meisie, het gister in die Baaise hooggeregshof verskyn.Ridwaan Windvogel (23) van Pellsrus, Jeffreysbaai, het onskuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting en ’n aanklag van roof.Die beweerde voorval het op 1 Januarie 2018 in Jef­freysbaai­ gebeur. Karen Calitz, ’n maatskap­like werker, het gister getuig die meisie is vroeër na die KwaNobuhle Outreach-sentrum verwys sodat vasgestel kan word of sy in staat sal wees om te getuig.Volgens Calitz is vasgestel die meisie is wel in staat om te getuig en om die eed af te lê. Sy het bygevoeg eenvoudige woorde moet gebruik word.StresvolCalitz het aanbeveel dat die meisie vanuit ’n ander vertrek in die hof en met die hulp van ’n tussenganger getuig. Sy sê dit sal baie stresvol vir die meisie wees indien sy in ’n openbare hof sou getuig. Die staat het ook ’n aansoek gebring dat die meisie se getuienis in camera aangehoor moet word. Windvogel bly in aanhouding. Die saak dien voor regter Elna Revelas. Xolile Bodlo verskyn vir die verdediging en adv. Megan September kla aan.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/victim-9-is-in-staat-om-te-getuig-20190129

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.