Victim en SAPD ‘trap’ ou

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

BASHIL Lauw Kasenjera, die fake sangoma, het sy gat gesien kort nadat hy glo ’n tweede onnie uit R669 000 bedrieg het.Luidens die klagstaat het Mlungisi Booi, ’n onderwyser van Motherwell, in Junie 2017 gereageer op ’n advertensie in die media.Hier het Kasenjera hom voorgedoen as prof. Anadkat en het glo beloftes gemaak dat hy wonderwerke met geld kan verrig.Kasenjera het Booi laat glo hy het die vermoë om kontak tussen hom en sy ancestors te bewerkstellig.ToegangHy het Booi toe na be­wering na ’n plek geneem waar sy “ancestors” met hom gepraat het.Booi het uit die onderwys bedank sodat hy toegang tot sy pensioen kan kry.In Oktober 2017 het Booi as ’n onderwyser bedank en op 5 Maart 2018 het hy ’n pension­ lump sum van R1 042 022,26 ontvang.Kasenjera het na bewering daarin geslaag om Booi uit R669 000 te bedriegDie beskuldigde is op 19 April vanjaar in hegtenis geneem toe hy by Pier 14 in die Baai aangekom het om Booi te meet.Drie cops het Booi na Pier 14 vergesel nadat hy vroeër gaan kla het oor Kasenjera.Terwyl die cops Kasenjera in hegtenis geneem het, het hy die geregsdienaars na bewering R100 000 aangebied om hom vry te laat.VervalsteLater is vasgestel Kasenjera is in besit van ’n Malawiese paspoort en hy het Suid-Afrika op 10 Mei 2014 binnegekom met ’n tourist visa wat op 9 Junie 2014 ex­pire het.Sedertdien is hy dus onwettig in die land.Verder is ontdek Kasenjera het in 2015 ’n vervalste tydelike asylum seeker-permit by hom gehad.Dit is glo op 26 Augustus 2014 in Pretoria uitgereik aan ene Kayonsi Sabuni van Burundi. Die permit was geldig tot 15 Desember 2015.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/victim-en-sapd-trap-ou-20181028

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.