‘Victims sal nie ly weens kit-tekort’

Please log in or register to like posts.
Nuus
‘Victims sal nie ly weens kit-tekort’

Update
Port Elizabeth

GEEN misdaadslagoffer sal hulp geweier word weens ’n tekort aan toerusting nie.Genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, sê misdadigers sal nooit vry loop as hulle uitgewys is nadat hulle ’n misdaad gepleeg het nie. “Dit is ’n feit, maak nie saak of ons tekorte aan misdaad kits ervaar nie. “Al is dit so dat die polisiediens van tyd tot tyd tekorte aan sekere toerusting ervaar, het slagoffers nog nooit gely sonder die nodige hulp en gebruik van dié toerusting nie.”Sy meen om nou te beweer dat die polisie die slagoffers betray, is ’n oordrywing.“Daar is absoluut geen krisis nie. Die polisie is goed opgelei en in staat om met alle seksverwante misdade te deal.”Sy wou nie uitbrei oor hoekom die LUR die inligting in die wetgewer verskaf het nie, maar het wel gesê hulle doen ’n interne ondersoek en is in kontak met die LUR se kantoor.“Terwyl ons besig is met die proses van procurement, sal dienslewering nie daaronder ly nie en is die situasie onder beheer.”Sy sê verder dit is ’n sensitiewe saak aangesien dit die moontlikheid inhou dat die regte van slagoffers geskend sal word.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/victims-sal-nie-ly-weens-kit-tekort-20180915

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.