Vier loop eers 2019 weer hof

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE vier mans wat tereg staan vir die skietdood van Donovan “Staal” Berry – leier van die Spotbouerbende – het dié week vlugtig in die Baaise hooggeregshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 29 Januarie 2019.Die vier beskuldigdes is Deon Harmse, Shelton Malgas, Nealon Red­house en Elger­shwin­ Goliath.Hulle staan tereg op klagte van sameswering om moord te pleeg, moord en die onwet­tige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.Die beskuldigdes het nog nie gepleit nie.Redhouse en Harmse is vroeër vanjaar lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op die 11-jarige Angel Tee van Barberryweg in die Baaise Northerns.Die klagstaat lui dat Staal die oggend van 3 Mei 2016 saam met ’n vriend was toe hy ’n phone call van Goliath gekry het.SHELTON MALGAS Goliath het hom gevra om hom in Uitbreiding 31 te meet.Staal en die getuie is toe na Goliath se huis, maar by hul aankoms was hy nie daar nie. Goliath het Staal toe laat weet hy is by ’n winkel in Barberryweg.Toe Staal by die winkel aankom, het hy uit die voertuig geklim en in die rigting van die winkel gestap waar vyf mans gestaan het.DeurboorSoos Staal die vyf mans genader het, het hulle op hom losgebrand. Staal het op die grond neergeval toe ’n rits bullets sy liggaam deurboor het. Die beskuldigdes het van die toneel af weggehardloop. Die klagstaat lui die beskuldigdes het met ’n ge­mene doel opgetree.LOOP HOF: Elgershwin Goliath (agter) en Deon Harmse staan saam tereg. Foto’s: THEO JEPTHAdonovan ‘staal’ berry FOTO verskaf’n Nadoodse ondersoek op 4 Mei 2016 deur dr. Lulamile Prudent Mgobo het aan die lig gebring veelvuldige orgaanbeserings weens skietwonde is die oorsaak van Staal se dood. Die staat beoog om sowat 21 getuies te roep.Die beskuldigdes is almal in aanhouding.Adv. Mujaahid Sanden kla aan.Regter D. Chetty het Gregory Malie (34) van Kamesh en Sherwin Grootboom (25) van Timothy Valley in Maart elk lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Staal se broer Sean “Nako” Berry.Nako is op 19 Junie 2016 – net meer as ’n maand ná Staal se skietdood – in Barendstraat doodgeskiet.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vier-loop-eers-2019-weer-hof-20181011

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.