Vier merts dok duisende op

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

VIER Baaise drug dealers moes dié week groot boetes betaal of gaan mang. Die polisie se gang unit het dié vier, wat in Algoapark, Hume­wood en Gelvandale sake gedoen het­, in aparte raids in Oktober en November 2018 gearresteer. Ál vier is Maandag vanuit die Baaise landdroshof mang toe gestuur. Allister Kannemeyer (38) van Algoapark is skuldig bevind aan twee klagte van handel in dwelms. Vir die eerste klag is hy gevonnis tot ’n boete van R10 000 of twee jaar tronkstraf, met ’n verdere drie jaar tronkstraf opgeskort vir vyf jaar. Vir die tweede klag is hy gevonnis tot vyf jaar tronkstraf opgeskort vir drie jaar.Hy het die boete van R10 000 betaal. Phumuzile Zingela (27), ook van Algoapark, is ook gevonnis tot ’n boete van R10 000 of twee jaar tronkstraf en ’n verdere drie jaar tronkstraf opgeskort vir vyf jaar. Ook hy het die boete van R10 000 betaal. Douglas Obisirike (30), wat in Humewood gearresteer is, is ook ’n boete van R10 000 of twee jaar tronkstraf met ’n verdere drie jaar tronkstraf opgeskort vir vyf jaar opgelê. Hy het ook sy boete betaal. Mario Myburgh (36) van Gelvandale is skuldig bevind aan twee aanklagte van dwelmhandel. GewaarskuVir die eerste klag is hy ’n boete van R15 000 of drie jaar tronkstraf opgelê met ’n verdere drie jaar tronkstraf opgeskort vir vyf jaar.Op die tweede klag was sy boete R20 000 of vier jaar tronkstraf, met nóg drie jaar tronkstraf opgeskort vir vyf jaar. Hy het sy boete van R35 000 in totaal betaal.Genl.maj. Thembisile Patekile, bevelvoerder van die Mountweg-polisiegroep, het dié vonnisse verwelkom en drug dealers verseker die polisie sal aanhou om die drug trade te cripple. “Ons teenwoordigheid in hotspot­-areas sal versterk word met die doel om diegene vas te vat wat verantwoordelik is vir die verspreiding van drugs in dié gemeenskappe. “Dwelms is die hoofoorsaak van die maatskaplike agteruitgang van ons jeug.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vier-merts-dok-duisende-op-20190205

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.