Vier voor vir moord op soldaat

Please log in or register to like posts.
News
Vier voor vir moord op soldaat

DIE verhoor van die vier verdagtes wat van moord op die soldaat Preston Titus aangekla word, begin vandag in die rondgaande hooggeregshof in Oudtshoorn.Titus se weduwee, Magdaleen, haar vriendin, Natasha Stuurman, Justice Mooi en Masimthembe­ “MJ” January, word van moord met voorbedagte rade en die besit van gevaarlike wapens aangekla. Titus is die aand van 2 Desember 2017 in sy slaapkamer op die weermagbasis in Oudtshoorn vermoor. PleitooreenkomsDaar was volgens die ondersoekbeampte, AO Martin le Roux, 27 steekwonde aan sy liggaam.Magdaleen is op borgtog van R30 000, Stuurman op borgtog van R15 000 en January op borg van R10 000 vrygelaat. Borgtog is aan Mooi geweier.Sixabiso Klip, Magdaleen se driver, wat ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het en vir die staat sal getuig, is vroeër tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Klip het in sy pleitooreenkoms beweer dat Magdaleen vir Justice Mooi en nog ’n verdagte – wat nog op vrye voet is – R30 000 elk aangebied het om haar man te vermoor.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.