Vlamme vreet 13 spoghuise | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

ALTESAME 13 huise is tot op die grond afgebrand, terwyl nóg 2 gedeeltelik vernietig is. Dit het gebeur toe ’n weghol-veldbrand Dinsdag in die rykmansdorp St. Francisbaai gewoed het. Nou word wyd bespiegel dat twee tot vyf brande dalk doelbewus gestig is toe die sterk wind begin waai het. Die brand is Dinsdag omstreeks 10:30 aangemeld.Kort daarna het die plaaslike brandweer inwoners en vakansiegangers uit die bedreigde areas verwyder. Die brand was egter in ’n stadium só buite beheer dat nog brandweerlede van die Koukamma- en Nelson Mandelabaai-munisipaliteit ontplooi is om te help, bevestig die Kouga-munisipaliteit op sy Facebook-blad. ’n Helikopter is ook ingespan om die brande vanuit die lug te probeer blus. Die brande is omstreeks 18:00 in bedwang gebring. buite beheer: ’n Beampte kyk hoe die vlamme ’n spoghuis verwoes.groot skade: ’n Praghuis van vroeër is geheel en al vernietig. Foto’s: FACEBOOKINFERNO: Die vlamme staan Dinsdag hoog nadat dié grasdakhuis vlam gevat het. help uit: ’n Vrywilliger spuit dié huis se dak nat om te probeer verhoed dat dit ook vlam vat. puin: Sterk wind het die veldbrand na die huise aangedryf. probeer help: ’n Brandweerman en ’n vrywilliger sit op een van die huise se dak om die brand te blus. Die skade in die bewoonde gebied is uiteindelik beperk tot ’n gebied van vier strate naby Sea Vista en ’n klein industriële gebied tussen St. Francisbaai en Kaap St. Francis. Lede van die gemeenskap, plaaslike sake-eienaars en vakansiegangers het almal hulle deel gebring om die brandweer by te staan. Private voertuie het watertenke aangery, terwyl ander mense naburige huise natgespuit en bottels water, gesigmaskers en snacks aangedra het.’n Paar mense is in die gemeenskapsaal behandel vir rookinaseming. Buiten dit is daar geen beserings aangemeld nie. Die polisie het dwarsdeur die nag gepatrolleer om te verseker die beskadigde huise word nie boonop geplunder nie.Intussen het talle van die inwoners op Facebook bespiegel hoe die brand ontstaan het. “Daar word gegis dat daar ’n oop stuk grond is waar mense onwettige shacks wil bou. “Die gras is glo aan die brand gesteek om die grond skoon te maak en die wind het die res gedoen. “Dis nog nie bewys nie en die polisie ondersoek dit nog,” skryf ’n inwoner. Lugfoto’sNog ’n plaaslike inwoner het ’n beloning van R5 000 uitgeloof vir enigeen met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die brandstigters. Lugfoto’s word ook rondgestuur waarop dit lyk asof daar twee brande gestig is, terwyl ander beweer daar is vyf brande gestig.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vlamme-vreet-13-spoghuise-20181219

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.