Voetganger een van drie wat op pad omkom

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DRIE mense is die naweek in twee afsonderlike ongelukke in die Butterworth-area in die Oos-Kaap dood. Kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, sê twee mense is dood en nog twee ernstig beseer toe twee karre Saterdagaand naby die Zizamele-woongebied gebots het. Hy sê die bestuurder van een van die voertuie en ’n passasier van die ander kar is op die toneel oorlede. Albei die mans was diep in die 20. Die twee mans wat beseer is, is na die hospitaal in Butterworth geneem. In ’n ongeluk Saterdagmiddag op die N2 is ’n voetganger dood nadat ’n voertuig hom getref het. Manatha sê die man was iets in die 30 en is op die toneel dood. Die polisie ondersoek twee klagte van strafbare manslag.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/voetganger-een-van-drie-wat-op-pad-omkom-20190203

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.