Vordering volg | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE aksies van ontstelde ouers wat vroeër die week na die Baaise onderwysdepartement se distrikskantoor opgeruk het, het vrugte afgewerp.Die skoolouers van Booysenpark in die noordelike gebiede het Woensdag by die kantore in Sidwell opgedaag om ’n vreedsame betoging te hou.Hulle is ontevrede oor hulle kinders in groot klasse van tot 70 moet skoolgaan. Dis weens ’n onderwysertekort. Sommige kinders word ook reeds by die oorvol skole weggewys.Loyiso Pulumani, woordvoerder van die Oos-Kaapse onderwysdepartement, sê die vergadering tussen ouers en Ernest Gorgonzola, die departement se distriksdirekteur in die Nelson Mandelabaai, was heel produktief.“Die ouers het hul griewe op die tafel gelê en daar is besluit op ’n vergadering môre in Booysenpark.Versnel“Die ouers en verteenwoordigers van die skoolvervoer, voedingskemas en infrastruktuur sal ook teenwoordig wees om aan die gesprek met die ouers deel te neem. “ ’n Werkkomitee sal gestig word wat bestaan uit bestuurders en verteenwoordigers vanuit die gemeenskap. “Dit is sodat beplanning vir nuwe skole versnel kan word.”Pulumani sê voorts die departement aanvaar daar is veral drie dig bevolkte areas in die Baai waar die bou van nuwe skole oorweeg moet word.“Die distriksdirekteur het ’n voorlegging ingehandig vir die oorweging van die bou van nuwe skole.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/vordering-volg-20190210

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.